Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
“Ek is moeg van ...” is die refrein wat die skrywer en terapeut, Truida Heymann, al jare-lank daagliks by mense hoor. Niemand praat daaroor nie, maar meeste van ons beland iewers tussen die ouderdomme 35 en 65 in ’n emosionele doodloopstraat. Reise na binne bied die hedendaagse mens padwysers om sinvolheid en sielvolheid te help ontdek. | |
Die styl is baie toeganklik en opgebreek in kort stukke wat die moeilike onderwerp in ’n baie gemaklike leeservaring omskep. Omdat raad gee selde help, word die boek ’n verhoog, waar vier mense se stories afspeel. Hulle belewenisse en drome demonstreer dat die lewe elke heelhartige soeker wil help met die reis vanaf ontnugtering na sielvolheid. |