Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Subtitle: n Gids Vir Avontuur-motorfietse
Author: Adriaan Oosthuizen en Deon Meyer
Publisher: Tafelberg (2014)
ISBN-10: 062405683X
ISBN-13: 9780624056836
Condition: Very Good. Light wear to edges and corners with a crease across rear, bottom corner. Else a clean, unread copy.
Binding: Softcover
Pages: 260
Dimensions: 22.1 x 15.2 x 1.7 cm
+++
by Adriaan Oosthuizen en Deon Meyer
+++
"Avontuur" kry 'n nuwe betekenis wanneer jy die land se agterpaaie op 'n motorfiets begin verken. Nuwe horisonne wink in hierdie roete- en praktiese rygids waarvoor die topskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen van Suid-Afrika se mooiste grondpaaie aangedurf het. Hulle bied oor die 30 roetes vir gesoute en aspirant-motorfietsryers met 'n liefde vir reis.
Meyer het 'n kort storie oor elke roete geskryf waarin hy onder meer spot met die hebbelikhede van motorfietsryers en vertel van die uitdagings wat hulle teekom. Hy vertel ook van die karakters wat hy langs die pad ontmoet. Elke roete - wat deur kleurvolle kaarte en pragtige landskapsfoto's geillustreer word - bied iets nuuts om te ontdek: 'n asemrowende pas, 'n kronkelende rivier, pragtige plaasgeboue, 'n waterval of 'n uitgestrekte stuk veld met nie 'n mens in sig nie.
Die tweede deel van die boek is 'n praktiese rygids wat grondpad-groentjies help om stofpaaie baas te raak. Daarin verduidelik Meyer die teorie agter motorfietsry. Hy gee 'n rits wenke, byvoorbeeld hoe om op 'n baie sanderige pad regop te bly; hoe om driffies en dongas te hanteer; en hoe om ongelukke te vermy. Daar is selfs raad oor watter bande en beskermende klere ryers moet he.