Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Dina Botha, Annarie Linde, Elise Keyter
Formaat: Klein Sagteband, Romanza
Toestand: Baie Goed
BOKS VOL SOENTJIES:
Al Celeste se aandag word in beslag geneem deur die restaurant wat sy pas oopgemaak het. En dit terwyl sy eintlik haar huwelik moet reël wat binnekort voltrek word. Hoe moet 'n meisie ook nou maak as haar verloofde vir 'n paar maande voor die huwelik oorsee is. Gelukkig is die aantreklike en sensitiewe man van die bloemistewinkel om die hoek meer as behulpsaam met meer as net die blomme. Maar dié uitkoms word 'n probleem omdat Celeste meer aan die bloemis as aan haar verloofde begin dink. En tydens hulle telefoonoproepe klink haar verloofde nie juis na 'n man wat nie kan wag om te trou nie. Moeilike tye is op hande ...
ONDER WOESTYNSTERRE:
Sarah is nege jaar gelede sonder 'n spoor uit Doebai weg. Kort daarna is haar en Omar Issa se seun gebore. Omar vind haar in 'n afgeleë Suid-Afrikaanse dorpie, maar sy gaan hom nie weer vertrou nie.
KATVOET VIR LIEFDE:
In een week raak Judy se lieflingkat weg en haar gunstelingskrywer word haar buurman. Of dié terughoudende man in haar belangstel, weet sy nie. Sy weet net sy het haar kat verloor en moontlik haar hart.