Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.
Rooisand speel af in Namaland van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie vanaf 1904 tot 1922. Dit is 'n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.