Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek nog in 'n goeie ongemerkte toestand. >>> Patrick se tande blink wit in sy donker gesig. Maar dis eers toe hulle mekaar se hande vasvat, toe skraal, swart vingers oor skraal, wit vingers vou, dat die waarheid van die oomblik Nico tref. Die woede en weersin wel in hom op soos 'n donker golf wat dreig om oor sy kop te breek. Hy wil sy hand met geweld wegruk, sy protes uitskree ... Dit is Nico Jordaan se reaksie toe hy deur sy atletiekafrigter voorgestel word aan sy nuwe passaangeër, Patrick Masibo. En die gevoel spruit uit 'n voorval in die onlangse verlede toe die swart hand wat na hom uitgesteek is, 'n vuurwapen vasgehou het. Dit het Nico 'n geestelike knou toegedien waarvan hy nog besig is om te herstel. Patrick gee egter nie net op die atletiekbaan vir Nico die pas aan nie, maar ook sy pad na geestelike herstel. En hy word goed bygestaan deur die oulike Marnie Ross wat Nico oor die Internet ontmoet het. (Google)