Sandkastele (Hardeband) - André P. Brink
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Sandkastele (Hardeband) - André P. Brink
Die lewensdriftige Kristien Muller word uit haar selfopgelegde ballingskap in Londen na die Klein Karoo teruggeroep deur 'n ramp: in 'n fantasmagoriese volstruisveerpaleis op die woestynvlak lê haar ouma na 'n brandbomaanval op sterwe.
Dit is die vooraand van Suid-Afrika se eerste vrye verkiesing en Kristien beland teen haar sin in die middel van 'n gesin, 'n distrik en 'n land vol spanninge en teenstrydighede: daar is dié wat hulle op geweld beroep, dié wat hulle gereed maak vir 'n apokalips, die wat by voor-baat boedel oorgegee het, die wat hoop op vernuwing en welvaart; daar is bruin en wit en swart, almal gevang in dié krisisoomblik tussen verlede en toekoms.
Maar bowenal is daar ouma Kristina (103 jaar oud) in haar ongelooflike paleis omring deur voëls, wat weier om te sterf voordat sy vir haar kleindogter die verlede voorspel het soos wat waarsêers die toekoms voorspel. Haar testament bestaan uit haar stories geskiedenis? mites? fantasieë? waarin 'n stamverhaal van nege generasies vroue ontvou. Vroue wat in 'n wêreld oorheers deur mag, geweld en mans stilgemaak is en deur die eeue op verbasende maniere moet vergoed vir 'n tong of 'n skaduwee wat van hulle gesteel is, 'n vrou wat in 'n boom verander en deur voëls weggedra word, 'n vrou wat haar man in haar hare verwurg, 'nvrou wat voor haar begrafnis uit haar doodskis verdwyn, 'n vrou wat uitspattige skilderye teen die mure van haar kerker verf, 'n vrou wat met haar minnaar op 'n towertapyt na Bagdad gaan om te kyk hoe die kamele skemeraande in die palmbome klim en Latynse psalms sing, 'n vrou wat so vet word dat haar huis oor haar instort, 'n vrou wat haar hele gesin uitroei die pitte van die verbode vrug teruggespoeg in die gesigte van die manlike miteskeppers . .
Op 'n verstommende manier trek André P. Brink alles hier saam om met komedie en tragedie, verbeeldingsvlugte en realisme, opstand en vergiffenis te fokus op die sentrale figuur van Kristien wat gedwing word om haar pad deur werklikheid en verbeelding, sprokie en geskiedenis te vind en 'n besluit te neem waarin haar eie toekoms, en die land s'n, op die spel staan.
Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 446
Uitgegee: 1995 (H&R)
ISBN: 9780798134163