R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
2009 sagteband nuut. R25 posgeld binne SA. Die Karoo het te warm geword vir Lucky Marês. Op die letterlikste denkbare manier. Nóg sy gevatheid, nóg sy mooi voorkoms gaan hom red. Hierdie boorling van die dorp Santa Gamka, seun van ’n plaaswerker, se geluk is uitgedien. Net sewe minute en als is verby. Dat opsluiting in ’n pottebakkersoond nou sy laaste aardse avontuur moet wees!
Dit is vanuit hierdie helleput, die drumpel van die dood, dat Lucky sy kort maar avontuurryke lewe in oënskou neem: Sy geboorte en sinlike ontwaking op die plaas Bethesda, sy bekendstelling aan die wêreld van woorde en boeke aan die hand van Mr D’Oliviera, sy seksuele inlywing aan die lyf van sy tante Diané en sy verkenning van nuwe horisonne agter die enigmatiese swerwerspaar Eddy & Eamonn aan. Maar eintlik vertel hy van sy sewe groot avonture, sy sewe kliënte.