Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie voëlgids sal u help om u waarnemingsvermoë te verskerp, het sy u voëlkyk as 'n stokperdjie beoefen, of eerder 'n toegewyde voëlkyker is. Daar is maar altyd voëls wat so eenders lyk dat 'n maklik-bruikbare gids onontbeerlik is. Suid-Afrika is geseën met volop voëllewe ongeveer 'n tiende van alle spesies wêrelwyd kom in Suid-Afrika voor. Hierdie gids vergemaklik identifisering van besoekers en endemiese voëls deur middel van volkleur, hoë resolusie foto's, 'n profielgids en vier simbool groepe wat habitat, broei gewoontes, relatiewe grootte en sosiale gedrag met 'n oog op slag aandui.