R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Sarah Du Pisanie Omnibus 4 - Jasmyn - 2001, eerste druk - 420pp, sagteband met kleefplastiek oorgetrek - in goeie toestand.
As die sweep klap Toe Meester vir Letta vra om in sy plek die trekkers se kinders tydens die Groot Trek noordwaarts te onderrig, het sy die kans met albei hande aangegryp. Dít is die uitkoms waarop sy gehoop het, glo sy, die kans om haar uiteindelik los te maak uit die onhoudbare situasie waarin sy haar bevind: as kinderoppasser in die huis van haar eertydse verloofde wat haar met haar eie suster verkul het . . .
Fontein in die dorsland Hoe verder hulle die woestynwêreld intrek, hoe meer knaag daar 'n onsekerheid aan Maria se siel - 'n onsekerheid oor Lodewyk. Maar sy onderdruk dié gevoel met mening, want Lodewyk sal haar tog nie minder liefhê net omdat sy hul eersteling tydens die vele ontberinge op trek verloor het nie, sal hy? Maar sy sien hoe dikwels hy en die jong Bella ginnegaap, en dis met groot vrees in haar eie hart dat sy ontdek hoe lekker dit vir haar is dat Kas Jordaan soms spesiale aandag aan haar gee . . .
Ver reis na die liefde Dis die laaste jare van die negentiende eeu en die eerste setlaars daag per skip in Duits-Wes op. Hilka Auge is een van die handjie vol hubare meisies wat dié mistige oggend aan wal kom in Swakopmund. Maar nog dokter Ernst Kreft, nog enige van die ander soldate gee aandag aan haar, want anders as die ander meisies wat hulself met sorg mooi gemaak het vir die aankoms, dra Hilka seunsklere en hou sy haar duidelik eenkant. Tog is dit vir Hilka dat Ernst Kreft uiteindelik vra om sy vrou te word - Hilka vir wie hy nie lief is nie, omdat sy hart lank gelede deur 'n blonde skoonheid aan stukke gebreek is ...