R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Sarah du Pisanie Omnibus 5 - 2001 - eerste uitgawe - Sagteband steeds in mooi, skoon en stewige toestand.
Sarah du Pisanie bring met hierdie omnibus die leser opnuut onder die indruk van die romantiek van die land wat nou Namibië heet. Al drie die stories speel af in die dae toe dié land nog as Duits-Wes bekendgestaan het, toe die inwoners min en die gevare groot was.
In "As die Nina-wind waai" verruil die jonge Nina van Walvisbaai haar geboortedorp vir die onbekendheid van 'n wynplaas in die Franschhoekvallei ná sy moes hoor dat die man wat sy nog altyd pa genoem het, nie haar eie vader is nie.
In "Die woestynplantjie" word 'n ongekunstelde sendingstasiemeisie na die opgesmukte huishouding van die ryk baron Von Lindique gestuur om 'n verlamde jong man te gaan versorg – teen almal se sin, ook hare.
En in "Die voshaar van Biesiesvlei" bevind 'n rooikop-verpleegster haar skielik in 'n baie ongemaklike situasie: haar pasiënt ly aan geheueverlies, maar glo vas sy is sy verlore geliefde wat hy nou teruggevind het.