| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Ons ervaar ons omgewing op 'n unieke manier deur ons sintuie. Dieselfde beelde, klanke, reuke, smake en teksture word verskillend deur verskillende mense ervaar. Sensoriese intelligensie verduidelik in maklike leketaal hoe dit werk om jou te help verstaan hoekom jy en ander op julle unieke manier op sensoriese insette reageer. Die titel vertel jou ook hoe jy jou sintuie kan moduleer om by jou omgewing en ander aan te pas, of jou omgewing kan verander om by jou sensoriese voorkeure te pas. Konflik is dikwels niks meer as sensoriese irritasie nie -- maklik om op te los as jy weet waaroor dit gaan. Dit kan op alle vlakke van die lewe toegepas word: tuis, by die werk en in verhoudings. Sensoriese intelligensie plaas voor- en afkeure, nukke en irritasies in perspektief, en stel 'n magdom praktiese maniere voor om die te verander wat jou kniehalter.| By: | Annemarie Lombard |
| Pages: | 192 |
| Publisher: | Metz Press |
| Format: | Paperback |
| Isbn: | 1-919992-65-0 |
| Isbn13: | 978-1-919992-65-5 |