Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy 'n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in 'n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word 'n seun 'n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.