Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Mari van den Berg
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Baie Goed
Toe Willem Goosen vir Adri Jonker sê dat 'n verhouding tussen hulle buite die kwessie is omdat sy een van die ryk Jonkers is, saal hy 'n wilder perd op as wat hy ooit kon voorsien. Adri is nie 'n meisie wat so 'n nederlaag gelate aanvaar wanneer sy oortuig is dat hy die enigste man vir haar is nie...
Met 'n slim gekonkel bewerkstellig sy dit dat sy en haar broer Christiaan as ontvangsdame en bestuurder aangestel word op Shonalanga, 'n Bosveldvakansieoord, waar Willem ook tydens die universiteitsvakansie werk. So gebeur dit dat die skatryk Kaapse sakeman Christiaan Jonker een somervakansie Chris de Beer word, die weeskind met die skedonk wat maar te dankbaar is vir die werkie wat hy so per ongeluk raak loop.
Adri en Chris se paaie kruis dié Desember nie net met Willem Goosen s'n nie, maar ook met dié van Ilana de Vos en haar ma, Azèl, aan wie die vakansieoord behoort. Dan is daar ook nog Allan Morgan en sy verleidelike suster, Kate, die sjarmante Pieter Roux wat saam met sy ouers en mooi suster op Shonalanga vakansie hou, en oom Rassie en tant Rosa, sonder wie Shonalanga se geoliede wiele nie kan loop nie.
Die kort tussenspel word 'n tyd van inkeer en insig vir beide Chris en Adri, 'n tyd van innerlike stryd en uiteindelik soete oorwinning.