R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most
accurate delivery time will be calculated at checkout, but in
general, the following shipping times apply:
Siegfried - Willem Anker - 2007 - Kwela - Sagteband in mooi toestand.
Siegfried Landman is iets in die dertigs. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ‘n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op ‘n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ‘n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ‘n meermin is in die see. Dit word ‘n magiese reis, wat begin met ‘n besoek aan ‘n boeregesin op nog ‘n afgeleë plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met ‘n voorliefde vir die teatrale. ‘n Verstommende, meesleurende roman - ‘n verhaal wat voortsnel tot ‘n onafwendbare einde. ‘n Kosbare toevoeging tot die huidige Afrikaanse boekmilieu.