Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,' bulder Ben. 'U is by die grootste milit ere skouspel wat die w ereld nog gesien het!' Hy stap van een kant van die arena na die ander. 'Ek wil u voorstel aan 'n groep helde uit die mees verafgele e dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg - en hulle doen dit vandag weer. Di keer vir u plesier.' Hy word luid toegejuig. Dan verskyn daar uit die stof en rook 'n stil figuur. Agter hom huiwer 'n vrou en 'n agterryer wat lyk asof daar trane oor sy wange loop. Die gehoor versober. Die applous rafel uit. 'Generaal Piet Cronj ,' roep Ben oor sy megafoon. Cronj gaan staan met 'n gebo e hoof voor die gehoor. Twee keer per dag voer hy sy grootste vernedering op: sy oorgawe in die slag van Paardeberg. Wanneer die kanonne begin bulder, is hy nie in die Amerikaanse stad St. Louis, waar hy aan die sirkusbaas Frank Fillis se Boereoorlogspektakel deelneem nie. In sy gedagtes is hy weer op die slagveld. Waarom doen Cronj dit? Waarom het soveel ander oudstryders in 1904 besluit om skouspel van hul trauma te maak? En wat voer die rustelose Ben Viljoen in die mou? In Sirkusboere herken jy in die karakters mense wat jy steeds te ekom: Cronj wat verknog is aan sy smaad; Viljoen wat die verlede soos 'n vrot vel van hom afskud; Fillis vir wie die lewe 'n sirkus is. En so gebeur dit dat verlede n hede oormekaar skuif, met die makabere gedreun van applous in die ore. Sirkusboere - Sonja Loots. Tafelberg Uitgewers 2011. ISBN 9780624053354

Title: Sirkusboere
Author: Sonja Loots
Publisher: Tafelberg Uitgewers
Year: 2011
Number of pages: 379
ISBN: 9780624053354
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever