| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die drang om die ongesiende en ongehoorde oop te dek loop soos 'n slagaar deur Skeletaal: die binnegoed van 'n krap, die woordlose boodskap van 'n komeet oor die Karoo, die kodes van die taal van gekweldes en hul heelmeesters insgelyks, die betekenis van simbole/rituele van manlikheid soos jag, sport en die najaag van rykdom, die waarde van 'n netjiese kapsel vir 'n vrou wat seniel raak. Franco Colin dig met begrip en erbarming oor dié wat nie naatloos/netjies inpas in die gewone wêreld nie die anoreksiese vrou, die psigotiese kunstenaar, die man wat seniel word en die outistiese kind. Ook die kwesbaarheid van kunstenaars wat uitdaag en ontwrig vind op gevoelige wyse neerslag in verse wat die leser eweneens dwing om vooroordele te konfronteer.
TITLE: SKELETAAL
AUTHOR: COLIN,F
SKU: 9780620980845
PUBLISHER: Imprimatur
BINDING: Paperback
CONDITION: New