Skeppende tuinmaak met inheemse plante - `n Suid-Afrikaanse gids - Joffe
1 was available / secondhand
R155.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Skeppende tuinmaak met inheemse plante is 'n handleiding van onskatbare waarde vir Suid-Afrikaanse tuiniers. In hierdie omvattende gids beveel die bekende tuinboekskrywer Pitta Joffe die gebruik van Suid-Afrikaanse inheemse plante aan in tuine en parke, langs paaie en op enige plek waar uitheemse plante vroeer verkies is. Met 'n baie praktiese benadering en die gebruik van simbole, verspreidingskaarte, grootte van die plant en blomkleur lei sy die leser na die korrekte plant vir 'n sekere doel, of dit nou 'n boom, struik, eenjarige, meerjarige, ranker of waterliewende plant is. Die inligting is maklik om te vind en eenvoudige stappe neem die leser na die geskikte plant vir 'n gegewe plek. Bome en struike is volgens grootte en vorm gegroepeer, en waar kleur die oorwegende faktor is, is plante volgens blomkleur gerangskik. Die boek dek meer as 300 plante, almal met die pragtigste kleurfoto's wat die hele plant toon asook bepaalde kenmerke soos blomme, vrugte, blare en bas. Die teks behels `n beskrywing van elke plant, die gebruike daarvan - met inbegrip van medisinale gebruike, staaltjies en volksoorleweringe - en wenke vir die kweek van die plant. Inleidende hoofstukke dek onderwerpe soos die kweek van plante van saad en steggies, tuinmaak in die verskillende klimaatstreke en die gebruik van inheemse plante om voels en insekte na die tuin te lok. Hierdie omvattande boek is `n moet vir tuiniers, tuinboukundiges, landskapontwerpers en enigeen wat by die kwekerybedryf in Suid-Afrika betrokke is.