Hy huiwer voordat hy klop. 'n Spiertjie spring in sy wang; hy raak aan die diktafoon in sy hempsak. Op die deur is 'n plaatjie met die woord 'skoolhoof'. Hy het 'n lang pad gekom. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse onderwyskrisis het hom geneem van skole wat brandarm, gevaarlik en versukkeld is tot die rykste skole waar die probleme nie armoede of geweld is nie, maar iets soos eetversteurings. Hy het in 'n doolhof beland, weet hy. Moontlike antwoorde lei net na ander vraagstukke; nuwe invalshoeke ontbloot net verdere krisisse. Hy kry te doen met karakters en situasies wat die skokkende statistiek in sy leeswerk tot grieselige lewe verwek. Hy huiwer voor hy klop... Theo Kemp se debuut is 'n deurtastende ondersoek na Suid-Afrika se benarde onderwyssituasie, maar dis ook 'n pakkende verhaal oor die een wat die ondersoek doen. Dis 'n reisverhaal waarin nie net 'n komplekse aktualiteit verken word nie, maar ook die lewe van die reisiger, van 'n lewe in Suid-Afrika.

Title: Skool
Author: Theo Kemp *SIGNED*
Publisher: Tafelberg
Year: 2011
Number of pages: 232
ISBN: 9780624053057
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever