Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Is dit Polokwane of Pholokwane? Joegoe-Slawie of Joego-Slawie? Mondelings of mondeliks? Sardientjies of sardyne? Was hy die sondaar of die sondebok? Emigreer of immigreer sy? Doen jy iets op of volgens 'n bepaalde metode? Het dit blykbaar, klaarblyklik, oënskynlik of skynbaar gebeur?
Skryf Afrikaans is ontwikkel vir almal wat vinnig antwoorde soek op vrae wat opduik by die skryf en versorging van Afrikaanse tekste. In ooreenstemming met die 2002-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls, en aanvullend daarby, bied hierdie tweedelige gids praktiese raad oor woordkeuse, spelling, sinsbou, woordorde... Geen aspek van skryf bly onaangeraak nie.
Deel I omvat sowat 5 000 artikels oor allerlei taalkwessies, alfabeties georden om dit maklik te kry. Verwarrende woorde, wisselvorme, verkeerde voorsetsels en lomp taalgebruik word in eenvoudige, verstaanbare taal bespreek. Aktuele voorbeelde is versamel uit toppublikasies.
Deel II omvat 26 afdelings met skryf- en ensiklopediese inligting oor lees- en skryftekens, syfers en getalle, woorde van vreemde herkoms, die spelling van buitelandse eiename, verwysings in skryfwerk, afkortings en simbole, binne- en buitelandse plekname, inwoners, hoofstede, geldeenhede, regerings, groepe en organisasies, titels en range, persoonseiename, sport, proefleestekens, die internet, vuurwapens en baie meer. Geen ander boek in Afrikaans bevat so 'n verskeidenheid nie.
Skryf Afrikaans is oor tien jaar saamgestel deur Dalene Müller, ervare taalpraktisyn en taalspesialis van Die Burger. Van Afrikaans se voorste joernaliste, subredakteurs en skrywers by Beeld, Volksblad, Rapport, Dit, Finansies en Tegniek, Huisgenoot, Insig, Landbouweekblad en Sarie het meegewerk. Die eindproduk is 'n gesaghebbende, gebruikersvriendelike werk wat bestem is om dié handleiding te word vir Afrikaanse taalversorging. Nie net 'n standaardgids en onmisbare naslaanbron vir joernaliste, reklameskrywers, subs en vertalers nie, maar 'n toeganklike hulpmiddel vir almal wat woorde keurig en reg op papier wil sit, van briewe en skoolopstelle tot notules, advertensies, werkstukke en verslae.
Skryf Afrikaans is 'n moet-hê-boek vir elke huis en kantoor.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.