Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie.
Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, "Ounooi" soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy o van Nicci kan afhou.
Want in Khayelitsha is die Jane Does daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van 'n meisie wat aan 'n oordosis sterf en hoekom het sy en 'n tweede slagoffer dieselfde tatoeermerk?Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwreld vanmensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wreld.
Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.