R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Slagtersnek en sy Mense - Dr. J.A. Heese - Tafelberg - 1973 - 239pp, kaart, swart en wit illustrasies - Hardeband met stofomslag: mooi, skoon en stewige kopie.
Slagtersnek is een van die bekendste name in ons geskiedenis. Met sy grusame assosiasie was dit ‘n magtige propagandamiddel in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner. Juis hierdeur het dit egter al gou ‘n volksmite geword waarna herondersoek dringend noodsaaklik geword het. Dit is wat dr. Heese in hierdie boek doen. Deur deeglike navorsing van die voor- en nageslag van almal wat daarby betrokke was, vorm hy ‘n helder beeld van wat werklik plaasgevind het. Hy toon oortuigend aan dat die Slagtersnek-opstand verkeerd vertolk is. Daar is helde gesien waar geen helde was nie, en dit was juis die bekampers van die opstandelinge, asook die neutrales, wat later die Afrikaner volksbewussyn tydens die Groot Trek bevorder het.
Heese skilder talle kleurryke figure: die bywoners, die ryk patriarge, die sukkelende swerwers, die dwarstrekkers, skoolmeesters en nie-blanke bediendes. Met hierdie boek word ‘n belangrike en oorspronklike bydrae tot ons geskiedenis gemaak.