Op die agterblad van Sluitsteen, tipeer Marinus Wiechers die bundel as ''n kleurryke ruiker van reisverhale, drome en herinnerings,' ineengevleg met Thijs Nel se 'eie soms skerp, maar ook sagsinnige waarnemings en gevoelens'. Volgens die uitbreiding van die titel, sien die bekende skilder, beeldende kunstenaar, vertaler en dramaturg, Thijs Nel, self die skryfstukke wat hy in hierdie bundel kortprosa (die tweede uit sy pen) byeengebring het, as essays, kortverhale en besinnings. Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, is 'n sluitsteen die steen in die top van 'n boog of verwulf, wat heel laaste daarin geplaas word. Dit het egter ook die figuurlike betekenis van 'n afsluitende gedeelte, soos die sluitsteen van 'n toespraak of gesprek. In hierdie bundel dui sluitsteen onder andere op afsluiting, die einde of die dood. Die einde van 'n mens se lewe breek aan wanneer jou sluitsteen verbrokkel ('Nasang', p. 107). Dit kan egter ook gesien word as vooroordele en vrese waardeur 'n mens ingeperk word: '... die gedugste sluitsteen is gebondenheid. Deur konsepsie word 'n mens toegekoepel--verdoem tot geboorte in 'n lewende graf' ('Nasang', p. 107). Die bundel word ingelei met 'n gedig, 'Apologie', waarin eerstens gewys word op die universaliteit van die dood: 'Om te steif / is 'n misdaad / wat almal pleeg / jou lee dop / wanneer jy verkas / word deur iemand geerf / vir begrawe of veras ...'. Hierna beweeg die digter na die persoonlike vlak van sy eie dood en eindig met die versugting: 'hopelik sal niemand / oor my dweep nie / niemand oor my treur nie / of ou bene he / om rond te sleep nie'. Hierdie inleiding berei die leser daarop voor dat, alhoewel die tema van dood, afskeid, verlies en alles wat daarmee saamhang soos 'n donker glansende draad deur al 23 essays, kortverhale en besinnings loop, dit tog nie 'n somber morbiede bundel is nie. Die skryfstukke word nie chronologies aangebied nie en wissel in lengte van 35 bladsye ('Gebroke glas', p. 47) tot minder as 'n halwe bladsy--'n kort dagboekinskrywing ('Van stof tot stof', p. 90). Daar is deurentyd 'n ek-verteller aan die woord. In die loop van die bundel kom die leser te wete hoe hierdie verteller van sy vroegste jare tot in die hede aspekte soos siekte, afskeid, dood en verlies beleef het Sluitsteen, Essays,Kortverhale&Besinnings - Thijs Nel. . ISBN 9780980268546

Title: Sluitsteen
Sub Title: Essays,Kortverhale&Besinnings
Author: Thijs Nel
ISBN: 9780980268546
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever