Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Terug in die spaarkamer. Skok tree in. Bewerasie, naarheid. Die huis klink hol. Ek hoor iemand huil. Tyd staan stil. Ek sit. Dreunende klanke en pyn. Harde klappe teen die kamervenster laat my skrik. "Esli, maak oop!" Hy stap verby my. "So lyk 'n vrou wat met haar man kak soek," sê hy.
Bert, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.
Maar hoekom val Bert se broer uit 'n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bert se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bert, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?