Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tafelberg, 2013. Sagteband, 236 bladsye. Baie goeie toestand; soos nuut.
Beskrywings van n plattelandse leefwêreld waar eenvoud en outydse waardes die botoon voer. Die verhale is propvol enigmatiese karakters, vreemde gebeure en stofpaaie na afgeleë plase. Die versameling aangrypende en humoristiese stories dokumenteer nie net n wêreld wat vinnig aan die verdwyn is nie, maar beskryf ook die menslike kondisie. Op die oppervlak gaan dit dalk oor windpompe, skuurdanse, aande deurgebring om Aga-stowe, Boerejode in die Hantam, mooi ou motors en vakansies by die see. Dit spreek universele temas aan soos liefde, armoede, vriendskap, sterflikheid en ouerskap. Die skrywer se breë verwysingsraamwerk en wye ervaringsveld as deurwinterde joernalis voeg unieke insigte en grativas by al die verhale. Met titels soos n Mooi en lekker begrafnis, Die Ondervelders gaan stad toe en Vier vryers en 13 pap wiele is die leser verseker van n besonder genotvolle leeservaring.