Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In 1997 het 'n besonder gewaagde boek die lig gesien: 'n Kas is vir klere het openlik die aanvaarde idee dat gaywees en Christenwees nie een kan wees nie, uitgedaag. Daardie teks het vertel van Pieter Cilliers se reis na selfaanvaarding tot hy die waagmoed had om, met 'n boek, uit die kas te klim. Vir veertien lang jare het Pieter Cilliers hom daarna uit die openbare oog onttrek. Tog, maand na maand, het die briewe daar by hom opgedaag. Talle het gese: Ek is ook so! Hoe meer briewe opgedaag het, hoe nodiger het dit geword om op te staan vir diegene wat nog vasgevang sit in die oordeel van die godsdiens. Pieter het met die skrywers begin korrespondeer en, het, soms teen sy sin, begin deelneem aan kerklike debatte jeens gaywees, maar meer nog: ook wat dit beteken om gemarginaliseerd te wees.