Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Ou skoolhandboeke - potlood aantekeninge in die kante
Hardeband uitstekende toestand
1970 (29ste) druk
Een van die belangrikste genres in die Afrikaanse letterkunde is die plaasroman. Die Afrikaner het ‘n sterk verbintenis met grond: die besit van grond veronderstel die Afrikaner se identiteit, en in die plaasroman word op hierdie tendens uitgebrei. Die plaas word gesien as ‘n veilige omgewing waarbinne die Boer leef. In die era van Afrikaner Nasionalisme is C.M. van den Heever se Somer een van die belangrikste romans om gepubliseer te word.
Christiaan Maurits van den Heever, was wêreldwyd beter bekend as C. M. van den Heever was gebore op 27 Februarie 1902 in ‘n konsentrasiekamp, by Norvalspont op die grens van die Noord Kaap- en Vrystaat provinsies, naby die Gariepdam (Suid-Afrika). Hy het sy kinderdae op 'n plaas in die Vrystaat deurgebring en diepe omgang gehad met veld en dier. Hierdie invloed het hom nooit verlaat nie, selfs al was hy die meeste van sy latere jare in stede woonagtig, kan daar van hom gesê word dat hy was in die stad, maar nie van die stad nie. Dit was dan ook die kontras tussen stad en platteland wat hom veral geboei het. In sy eerste romans skilder hy die degenerasie van die boer wat na die stad trek - ons vind dit in werke soos Op die plaas, Droogte, Langs die grootpad en Groei.
Hy het gestudeer aan die Universiteit van Vrystaat, asook aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Na sy terugkeer het hy weer ‘n pos by die Vrystaatse Universiteit, in Bloemfontein, gekry. Na die voltooiing van verhandeling, oor die digter Totius, het hy ‘n pos by die Universiteit van die Witwatersrand aanvaar.
Hy was die eerste Afrikaanse professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Gedurende die duur van sy aanstelling (1933-1957) het hy 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuurlewe in Johannesburg en in die vertolking van gebeure en ontwikkelinge in die literatuur en in die kultuurpolitiek gespeel. Hy was 'n toegewyde ondersteuner van noue kultuurbande tussen Nederland, Vlaandere en die Afrikaanse wêreld. Hy was 'n sterk ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog se beleid van versoening tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en 'n kritikus van die kultuurpolitiek van sommige leidende Suid-Afrikaners van sy tyd, Afrikaans- én Engelssprekend. Hy word oor die algemeen as die eerste Dertiger beskou, hoewel sy latere ontwikkeling nie tipies van die Dertigers is nie. In sommige van sy kultuurbeskouinge was hy 'n voorloper van N.P. van Wyk Louw, veral oor die rol van Afrikaanse intellektueles, oor die belangrikheid van kritiese denke en ten opsigte van sy pleidooie vir 'n liberale Afrikanernasionalisme.
Hy het veral bekendheid verwerf vir sy verhale Somer (in Engels, Vlaams en Duits vertaal) en Laat vrugte. In 1942 is Die Hertzogprys dan ook vir Laat vrugte aan hom toegeken.
Hy sterf op 8 julie 1957.