Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar. So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie - dis algemene kennis. Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het ... en sy het nie 'n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie. Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy "die een" sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is.