Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
2008 eerste uitgawe hardeband met 407 bladsye baie mooi. Die stofjas het n skeur voorop. Sonkyker (letterlik klipsalmander) is metafoor vir Steyn, ‘n sku persoon, maar ‘n stip, intelligente waarnemer van hierdie komplekse samelewing waarin die Afrikaner vanaf die Boereoorlog tot nou in ‘n posisie van stryd, herdefinisie, veragting, stryd staan. Die Afrikaneridentiteit wat ‘n taalidentiteit is, lei tot simplistiese stellings, soos dat Afrikaans die taal van die onderdrukker, verdrukker is. Wat is Antjie Krog, wonder ‘n mens? Maar vra maar die gemiddelde Engelssprekende oor Afrikaans en 1976 word as ‘n strydpunt voorgehou.
Die hoofstukke word geanker rondom ‘n foto van ‘n vriend of familielid. Anekdotes, herinneringe word dan weergegee sodat die leser ‘n besondere insig kan kry in hoe Steyn na die lewe kyk.