Soos 'N Brullende Leeu: 'N Eindtydroman
About This Book
Condition & Size
Soos 'n brullende leeu: 'n Eindtydroman
Jaco Thom
Medium Paperback
Some wear
Dit is die laaste paar dae op aarde en miljoene mense wêreldwyd is besig om 'n nuwe geestelike tuiste in Die Ware Weg te vind. Miklós Balázs is die leier van dié geloof met sy uitsonderlike aanbiddingstyl en beloftes van finansiële voorspoed en liefde onbeperk.
Vir Jan Liebenberg, bekeerde teoloog van Stellenbosch, is Die Ware Weg uit die hel self Soos 'n engel van die lig afkomstig. Hy sien in Miklós onbetwisbaar die koms van die Antichris. Jan kry 'n Daniëlsbende bymekaar om getroue gelowiges te waarsku om voorbereid te wees op die einde van die wêreld en die wederkoms van Christus.
Maar Miklós is 'n man met 'n onstuitbare om die wêreld vir die Ewige Moeder te verower en om Jan te laat boet vir sy veragtelike verraad en verset.
Sal Jan se GELOOF staande bly in dié nuwe aanslag?
Sal hy daarin slaag om sy KOSBAARSTE besit uit die greep van die Bose te bevry?
En hoe moet sy pad VORENTOE loop met die twee vroue in sy sy eks, Marlene, en Surita, na wie sy hart bly hunker?
Soos 'n brullende leeu, is 'n eindtydroman wat vertel van die laaste dae se afvalligheid, maar ook van die oorwinning van die geloof wat kom. Dit sal jou meesleur en saam met die hoofkarakter leer "Kom, Here Jesus, ja, kom gou!"
Want uiteindelik sal net Christus se wederkoms 'n einde aan die mag van die Bose kan bring.
About Readmatter Online Used Bookshop
Born from a dream during the heart of the COVID-19 pandemic, ReadMatter has blossomed into one of South Africa s premier online used bookstores. Operating from three strategic depots in Gauteng, we diligently deliver hundreds of books weekly, illuminating minds and enriching souls and bringing the joy of reading to every corner of the nation. Our shelves boast roughly 10,000 books and 4,000 authors at any moment, with an additional 100,000 unlisted treasures available upon request. Can't find what you're looking for? Allow us the privilege to unearth it for you! At ReadMatter, a portion of every sale is lovingly donated to a variety of causes supporting the aged, the vulnerable, and animal conservation. Join us in turning pages and transforming lives, one story at a time.