R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Dokter van die Verlorenes - Konsalik - Tafelberg - 1990, eerste uitgawe, eerste druk - Sagteband soos nuut. Posgels en verpakking R25.00.
Die jonk-buurt van Hong Kong: ’n stad op water. In hierdie wêreld vol geheimenisse en vreemde kulture beland die Duitse navorser dokter Fritz Merker, om saam met sy Chinese kollega, dokter Wang Antse, die oorsprong van ’n raaiselagtige siekte te probeer vind: volkome normale mense kom skielik onder ’n vorm van ’n raaiselagtige siekte te probeer vind: volkome normale mense kom skielik onder ’n vorm van hipnose en pleeg koelbloedig en glimlaggend moord. Enkele weke daarna sterf hulle weens ’n onverklaarbare ineenstorting van die lewer.
In die loop van sy ondersoek tref verskeie lotgevalle dokter Merker. Hy moet sy Europese emosies, denke en handelwyse agterlaat wanneer hy ’n ontstellende ontdekking doen – een wat onmiddellike optrede vereis. Optrede wat, in hierdie geval, doodmaak beteken. Daar is geen ander uitweg nie.
Die jonk-buurt word vir hom ’n Chicago van die Ooste, waar geregtigheid op grusame Asiatiese wyse uitgeoefen word. Meedoënloos stuur die drama op sy asembenemende hoogtepunt af.
Dokter van die verlorenes bied die leser alles wat hy van ’n egte Konsalik verwag: dramatiese aksie wat die leser meesleur, mense in die knelgreep van die noodlot – ’n storie werklikheidsgetrou geteken teen ’n eksotiese Oosterse agtergrond.