| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die negejarige speurder Kwaaikofski word ontvoer. Sy ontvoerders lyk baie grillerig — hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou. Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee — en nou lyk hy soos 'n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees geheimsinnige sake van sy hele speurloopbaan. Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en meer as 850 000 eksemplare is al wreldwyd verkoop.