Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Finalis - Maskew Miller Longman 2016 Letterkundeprys. "Ek sit gehurk agter die snoepie-tannie se kar. Met my verkyker bespied ek die skoolterrein. Ek is oorgehaal vir aksie en hou die hek fyn dop. My plan is om hom te agtervolg." Nina weet dat sy spesiaal is. Nie gewoon spesiaal nie - die soort spesiaal wat ongeluk soos 'n magneet aantrek. Wanneer 'n man wat soos James Bond lyk sy opwagting maak, begin daar vreemde goed met Nina gebeur. Gewapen met 'n notaboekie, sjokolade en Lemony Snicket se wyshede, besluit sy om ondersoek in te stel. Lees die lekker spannende storie om uit te vind of Nina die geheimsinnige gebeure ontrafel en of die noodlot haar pootjie!. Dit is 'n klein juweel. Die passie waarmee die jong skrywer skryf, is aansteeklik. Riana Barnard