R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Ena Murray - Omnibus 19 - Jasmyn - 2008, eerste uitgawe - 509pp - Sagteband. Posgeld en verpakking R28.00.
Die Kolkbaai waarheen Hannelore terugkeer ná elf jaar in die stad, is nie meer die vissersgehuggie wat dit destyds was nie. Baie van haar ou kennisse is egter nog daar ... tot haar spyt. Want die een mens wat sy nié wil sien nie, is onder hulle: Oloff Bernardi, die man aan wie haar hart behoort het toe hulle albei nog in hul teerder jeug was. Terug na Kolkbaai is die verhaal van ‘n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en na geluk. ‘n Soeke wat deur die dieptes moet gaan om weer by die hoogtes van die liefde uit te kom.
Anderkant die horison ... ‘n ander land en ‘n ander tyd. Dis die suide van Frankryk, en dis 1789: die jaar van die Franse Revolusie. Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, moet vir haar lewe vlug of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouché, haar staljonge. Die meisie uit die adelstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop, waar Loanne steeds gepynig word deur die nabeeld van haar vader se brandende kasteel. Sy verdink vir Philippe terwyl hy weer glo dit was die werk van die graaf Louis de la Fay Duponte, Loanne se verloofde. Alles bly raaisels, tot drie skepe Tafelbaai op ‘n dag binnevaar . . .
Ná Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit ‘n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so ‘n suksesvolle geneesheer op so ‘n klein plekkie? Die atmosfeer is van die begin af gelaai; reeds by hul eerste ontmoeting spat die vonke. En dit te midde van werklike hartseer en pyn in die dorp. ‘n Tyd om te ween is ‘n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos ‘n mens dit beplan.