R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Ena Murray - Omnibus 21 - Jasmyn - 2009, eerste uitgawe - 509pp - Sagteband. Posgeld en verpakking R28.00.
In die lekkerleesverhaal Señor die seerower wen verpleegster Andrea Smit ’n allemintige bedrag in ’n blokraaiselwedstryd – haar lewe verander ingrypend, en op ’n tropiese eiland kruis haar pad met dié van ’n aantreklike Spanjaard.
In die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ’n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ’n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.
In Kaalvoet Katryntjie verloor die hoofkarakter haar hart aan haar voog, Festus Dumas, wat vas oortuig is dat sy nog ’n giggelende tiener van om en by sestien is. En dan moet sy, gekwalifiseerde verpleegster van twintig, toekyk hoe die listige Shirley Rossouw vir Festus probeer verlei.