R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Omnibus 27 - Ena Murray - Jasmyn - 2010, eerte uitgawe - 602pp - Sagteband. Posgeld en verpakking R25.00.
n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!
So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.
Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal van vreemdelinge wie se lewens onlosmaaklik ineengestrengel raak op Môrestond, ’n plek waarheen mense gaan om weer sin in hul bestaan te vind.
Bergwind oor Karma is ’n lekkerlees-speurverhaal propvol liefde, spanning en intrige. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind op sy skeldnaam: moordwind!
Net ná middernag is ’n speurverhaal met ’n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar ’n moord gepleeg op dié rustige dorpie.