| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Dolf van Niekerk se agtste digbundel bestaan uit twee dele, 'n ongetitelde deel 1 en 'n tweede deel met die titel "Korona". Die eerste deel is 'n baie persoonlike besinning oor die aftakeling van die ouderdom: Die verlies aan beweeglikheid maak "elke tree 'n waagstuk" ("Staan ek met die kruk"), en sy swak oë maak dat "letters saamsmelt in sinlose wasigheid" ("Ballade van sig". Herinnering speel nou 'n groter rol in die gedigte, maar die bundel sit ook Van Niekerk se denke oor die plek van die mens as verbruiker en verwoester van die aarde se hulpbronne voort. Die abstrakte idees kry konkrete gestalte in motiewe wat vroeër reeds in sy poësie 'n rol gespeel het, soos die wit skoenlapper, bome en duiwe.
TITLE: SPLINTERTYD
AUTHOR: VANNIEKERK,D
SKU: 9780620946704
PUBLISHER: Imprimatur
DATE PUBLISHED: Oktober 2021
BINDING: Paperback
CONDITION: New