| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle die reuse Smith & Wesson Model 500 teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: 'Waar is dit?' Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop: ’n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ’n 'goeie man' wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het. | |
| |