Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
View more books at: https://www.bobshop.co.za/seller/2248344/ElevenOclock
M.C.E. van Schoor
Published by Tafelberg Uitgewers Beperk, 1981
ISBN 10: 0624016129 / ISBN 13: 9780624016120
Op omslag: Die spotprent is 'n eeue-oue medium om politieke en sosiale kommentaar te lewer. Die Anglo-Boereoorlog, waarop voor- en teenstanders wêreldwyd gereageer het, het aan spotprenttekenaars die geleentheid gebied om deur middel van hul grafiese kuns tot die stryd toe te tree. Só is drogredenasies ontbloot, skynheiliges ontmasker en die sette en onsinnighede van regerings- en militêre leiers aan die kaak gestel. Tydens die Anglo-Boereoorlog het 'n merkwaardige aantal spotprente in tydskrifte en koerante dwarsoor die Westerse wêreld verskyn. Baie tekenaars het tekeninge gelewer wat tydloos en klassiek is: hulle het egter in dokumentêre versamelings en in ou koerant- en tydskrifleggers vergete geraak. Prof. Van Schoor het etlike duisende van dié spotprente opgespoor, gesif en oorweeg, en nou, ná agt dekades, 'n keur van sowat 300 spotprente byeengebring wat deur hul tydloosheid ook vir die leser van vandag veelseggend is. Die klem val veral op gehalte, historiese inhoud en die besondere boodskap. Waar nodig, is die spotprente van historiese toeligting voorsien. Spotprente van die Anglo-Boereoorlog is nie 'n geskiedenis van die stryd in beeld nie. Dit is 'n sinvolle tematiese indeling van die gekose spotprente in bepaalde geskiedkundige gebeure en onder bekende persoonlikhede. Daarby werp dit 'n blik op hoe Europa die stryd in Suid-Afrika gesien het van die kant van Boer én Brit.
Conditions
Please read the conditions before bidding.
REGRET NO OVERSEAS SHIPPING.
NON-PAYING WINNING BIDDERS - Please do not bid on an item unless you intend to complete the transaction. NEGATIVE feedback will be posted for non-paying winning bidders.