Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Published by Pharos, 2008, softcover, Afrikaans/ English text, 514 pages, condition: as new.
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is 'n titel vir elke Jan Rap en sy maat. Vir leerders, onderwysers, ouers; vir kletskouse en langasemsprinkane wat elke dag dieselfde deuntjie sing (of skielik met 'n bek vol tande staan); vir gou-met-die-pen-skrywers wat sake helder voor die gees moet roep; vir elkeen wat Afrikaans met geur en kleur wil gebruik. Of jy nou kopkrap oor die regte woorde, kopstukke wil gesels, iemand die leviete voorlees of knoop soos 'n matroos. Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het. Waar kom padda in die keel vandaan? Hoekom het boontjie sy loontjie gekry? Van waar het Dawid gekom om die wortels te grawe? Waarom moes Ferreira sy goed vat en trek? Wat doen Kolmuis as sy wasgoed vreet? Vir die eerste keer word verklaar hoekom grappies op 'n stokkie kom, Maandae blou is, hoe jy iemand iets in die skoene kan skuif. En dit is net die oortjies van die seekoei.