Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die nimlike Staal Burger is 'n huishoudelike naam sedert hy as die held in 'n radioreeks tydens die laat 1970's figureer het. Fanus Rautenbach (19282011) is in 2007 met 'n meerderheid van 27 000 stemme deur luisteraars gekies as die Afrikaanse Radiolegende van die afgelope 70 jaar. Mens, skrywer en humoris by uitstek, was Umfaanus van "Flink uit die vere"-faam 'n erelid in menige Afrikaanse huishouding. Uit sy pen verskyn 200 kortverhale, 23 boeke en 24 radiodramas/hoorbeelde (hy verower 'n Artestoekenning vir sy hoorbeeld oor Downsindroom) en 32 radiovervolgverhale waarvan Staal Burger (in samewerking met Daan Retief) waarskynlik die gewildste is.