| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
STAMLAND - 'n Reis deur Nederland - Karel SCHOEMAN
In die Europese herfs van 1998 het Karel Schoeman nĂ¡ 'n afwesigheid van meer as twintig jaar weer 'n kort besoek aan Nederland gebring.
Op persoonlike vlak was hierdie besoek bedoel om 'n verkenning en 'n afskeid te wees, soos hy self skryf, maar twee ander temas het hiermee vervleg geraak: 'n boek oor sy Nederlandse voorouers en die negentiende eeuse Nederland wat hy pas voltooi het, en 'n werk oor die Nederlandse kolonisering van Suid-Afrika in die sewentiende en agttiende eeu waarmee hy besig was. Dit is die drievoudige motief wat deur hierdie reisbesining loop.
Stamland is 'n vervolg op en 'n voorlopig afsluiting van Schoeman se familiebiografie Merksteen wat reeds soveel aandag getrek het.
Aankoms
Besinning
Weersien met Nederland
Amsterdam
Alkmaar
Die Rijp en Graft
Enkhuizen en Hoorn
Egmond aan Zee
Leeuwarden
Kampen
Zwolle
Die agttiende eeu: 'n improvisasie
Delft
Rotterdam
Die sewentiende eeu: 'n verdere improvisasie
Die negentiende eeu: 'n laaste improvisasie
Terugkeer
Aantekening