Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Kosbare navorsingstuk oor 'n belangrike Hugenotefamilie.
'n Uitstekend nagevorste boek oor die Malherbes, vanaf die stamvader Gideon (Gedeon Malherbe 25 jaeren jonghman) se aankoms in 1694 tot en met die vyfde geslag. Met inligting oor die Europese agtergrond; stamkaarte en stambome; die familiewapen; spelling van die familienaam in Suid-Afrika; 'n diagrammatiese voorstelling van die manlike lede met nakomelinge van die eerste vyf geslagte; die verspreiding tot ongeveer 1900; en 'n lys van Malherbes in sekere beroepe.
Eerste uitgawe in 1974 gepubliseer deur John Malherbe Edms Bpk, Kaapstad. Toestand: Baie goed. Stofjas het 'n paar skaafmerkies en verwering aan die kante.