Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
(No more than 4 books per order/parcel allowed) - Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees - Tiener-leestof. >>> Skuilte tussen riet vertel die verhaal van die sestienjarige Leenster, wat seksueel gemolesteer is deur haar pa. Haar ma is dood toe sy sewe was en sy bly agter in haar pa se sorg. In standerd agt beland sy in die hospitaal nadat haar pa haar aanrand en hy pleeg self moord. Dit laat haar alleen agter om die stukkies van haar lewe op te tel. Haar ouma Truida aan vaderskant kom haal haar uit die hospitaal om aan te sterk op haar rustige kleinhoewe buite die stad, waar sy letterlik en figuurlik 'n skuilte tussen riet vind. Deur die onderskraging van ouma Truida en oom Daan, ouma se broer, kry sy groter insig in haar onstabiele pa, wat self as minderjarige deur sy eie vader seksueel misbruik is. Die verhaal word in bewussynstroom tegniek vertel, wat meebring dat daar baie onvoltooide en onsamehangende sinne is, simbolies van Leenster se verwarde gemoedstoestand. (Wiki)