This auction has been won.
View other items offered by groeng7108
Leading
willemse1eliz17 1 × R450.00
27 Jun 13:43

Similar products

Afrikaans Boeke - stel van 6
Secondhand
R180.00
Die Swart Luiperd-reeks: Vlam van Wraak deur Meiring Fouche (Pronk boeke)
Secondhand
R99.00
Kobie Regeer. Stella Blakemore.
Secondhand
R80.00
Maagd van die See - reeks in agt boeke - Meiring Fouche
Secondhand
R540.00
Stella Blakemore, Maasdorp-reeks - volledige stel van 12 boeke
Sold

Stella Blakemore, Maasdorp-reeks - volledige stel van 12 boeke

Secondhand 1 was available
R10.00 minimum increment
R450.00
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 15 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Bob Shop ID
190400565

Stella Blakemore, volledige stel van al 12 boeke in die bekende 1970's uitgawe van die gewilde Maasdorp-reeks. 

Al die boeke is hardeband met gedrukte prente (die boeke is nie met stofomslae uitgereik nie). Wat toestand betref, wissel hulle van feitlik nuut, skaars geleesde eksemplare tot eks-biblioteekboeke (slegs 4 van die 12). Maar almal kan deurgaan as ten minste goeie leeseksemplare en daarom word hulle saam as 'n stel aangebied. Sien individuele beskrywings en foto's hieronder. 

1. DIE MEISIES VAN MAASDORP, 8ste uitgawe, 2de druk, 1974

Baie goeie toestand - skoon en stewig binne, met enkele klein vlekkies en skaafplekke op die buiteblad. Naam van vorige eienaar op eerste binneblad in ink. 

2. DIE JONGSTE MEISIE IN MAASDORPSKOOL, 5de uitgawe, 2de druk, 1976

Baie goeie toestand - skoon en stewig binne, met geringe skaafplekkies op die buiteblad. Rugkant ietwat verbleek. Naam van vorige eienaar op eerste binneblad in ink. 

3. KOBIE REGEER, 7de uitgawe, 1971

Baie goeie toestand - skoon en stewig binne, met enkele klein vlekkies op die buiteblad. Naam van vorige eienaar op eerste binneblad in ink. 

4. KOBIE EN DIE WONDERKIND, 2de hersiene uitgawe, 1970

Eks-biblioteekboek met die gewone parafernalia. Boek het heelwat vlekkies binne en skyn eens waterskade opgedoen het, maar 'n skaflike leeseksemplaar. Die eerste binneblad trek ietwat los. Buiteblad redelik skoon maar met kleeflint rondom die boonste hoek van die rug en geringe skade onderaan die rugkant. 

5. ALLEGRA OP MAASDORP, 7de druk, 1968

Goeie toestand - skoon en stewig binne, maar die buiteblad is ietwat vuil voorop en vertoon insekskade, veral aan die agterkant. Geskeninskripsie op eerste binneblad in ink. 

6. MAASDORP SE DRIE MUSKETIERS, 5de uitgawe, 1972

Eks-biblioteekboek met die gewone parafernalia. Boek het paar vlekkies binne, maar 'n skaflike leeseksemplaar. Op die titelblad trek dit ietwat los.Buiteblad redelik skoon maar daar is skade bo en onderaan die rugkant, en by die onderste hoek trek dit ook bietjie los. 

7. MAASDORP SE NUWE ONDERWYSERES, 3de uitgawe, 1971

Goeie toestand - skoon en stewig binne. Buiteblad in goeie toestand behalwe vir groterige skaafplek voor onder en 'n kleinerige vlek agterop. Beide die binneblaaie en die buiteblad toon tekens van kleeflint. 

8. HOOFMEISIE KOBIE, 3de uitgawe, 1971

Baie goeie toestand - skoon en stewig binne. Buiteblad ietwat vuil met geringe rakskade onderaan die rugkant. Naam van vorige eienaar op eerste binneblad in ink. 

9. KOBIE GAAN VERDER, 3de uitgawe, 1971

Eks-biblioteekboek met die gewone parafernalia. Boek het paar vlekke binne en een kanterne trek ietwat los, maar 'n skaflike leeseksemplaar.Buiteblad redelik skoon maar daar is skade bo en onderaan die rugkant.

10. JUFFROU KOBIE, 3de uitgawe, 1973

Baie goeie toestand - skoon en stewig binne, maar die buiteblad het 'n paar vuil vlekke en kolle. Naam van vorige eienaar op eerste binneblad in ink. 

11. ONTGROENING OP MAASDORP, 1ste uitgawe, 1972

Eks-biblioteekboek met die gewone parafernalia. Boek is redelik skoon binne, maar die eerste kanterne trek ietwat los - op die titelblad is daar 'n strook kleeflint om dit vas te hou. Beide die binneblaaie het reste van gom wat waarskynlik die eertydse plastiekomhulsel vasgehou het. Die buiteblad is redelik maar met skade bo en onder aan die rugkant, en die reste van 'n plakker aan die kant van die voorblad. 

12. LALAGE OP MAASDORP, 1ste uitgawe, 1974

Baie goeie toestand - skoon en stewig binne, met enkele klein vlekkies op die buiteblad. 'n Boekprysplakker is op eerste binneblad met die naam van die vorige eienaar. Andersins 'n uitstekende eksemplaar. 

Posgeld: R60 met die Poskantoor of R100 met Postnet (tak-tot-tak). UIteraard kombineer ek graag items ten einde op posgeld te spaar. Gewoonlik pos ek binne 2-3 dae na ontvangs van betaling. 

Betaling: Ek verwag betaling binne 3 dae na suksesvolle bie, of andersins word die koop gekanselleer en die item(s) geherlys. 

Recently viewed

See more
45% OFF
1Pc Light Gold For iPhone XS Luxury Wrist Chain Bag Phone Case
New
R389.00 R708.00
Perspektief deur Charlotte de Bruyn
Secondhand
R15.00
25% OFF
3D relief - style nail sticker - SD2205
New
R15.00 R20.00
Modern Romance - An Investigation
Secondhand
R250.00

Customer ratings: 1 ratings

Goeie kommunikasie en verpakking! Baie dankie!
17 Jul 2015