Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Bernette Bergenthuin
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie goed
Eendag, lank gelede toe klokbroeke soos kleefplastiek aan ordentlike jong mans se lywe geklou het en Abba Springbokradio aan die brand gesing het, het Boet Beauman die mooie Maria in Barcelona ontmoet.
Nou, byna vyf en dertig jaar later, regeer Boet die Beauman sy vrou en die drie produkte van hul huwelik met 'n arm wat maklik draai vanuit sy Italiaanse teelmaatskappy se besturende direkteurstoel.
Drie susters met Boere- en Italiaanse bloed beleef ernstige krisisse in hulle liefdeslewe. Meisies met staal in hulle stiletto's laat hulle egter nie onderkry nie en elke benoude oomblik word verlig deur Bergenthuin se bekende humorsin.