Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. n Dump, verwyt sy André, haar argitekman. Dit was sý idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in n nagmerrie ontaard toe haar jongste kind enkele weke voor hulle vertrek na Frankryk sterf.
In die vreemde sukkel elkeen met sy eie swaarkry: Emile hulle dertienjarige seun smelt weg in die dik klipmure van die huis om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. André stort al sy energie in die restourasieprojek en verdwyn tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype.
En Hester? Sy word ál stiller en meer afwesig, voer denkbeeldige gesprekke met n onwettige immigrant uit die Demokratiese Republiek van die Kongo, en vind op n vreemde wyse aanklank by n weeskind uit Rwanda onvoldoende plaasvervangers vir die dogter wat sy verloor het. Deur hulle ontdek sy opnuut haar liefde vir Afrika.
Stiltetyd is die meesleurende verhaal van n vrou se stryd teen ongeneeslike smart, van haar soeke na haarself, en van die skugter, moedige treë terug na die hart van haar man.
ISBN: 9780624044321
Pages: 334
Trade paperback with flaps
Tafelberg, 2006
First Edition
Good condition
B136