Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie is die skrywer se vierde titel oor die ervaringe van die wild- en natuurbewaarder, Stoffel, en soos sy vorige boeke is dit gebaseer op sy eie en werklike gebeure. Soos sy voorgangers, bied hierdie bundel wildernisverhale meesleurende leesplesier. Hier is 'n nuwe Stoffel aan die woord: ouer, wyser en, op veertig, rustiger. Maar steeds spreek elke "veldnota" van 'n skerp aanvoeling, onopgesmukte egtheid en fyn waarneming. Die leser leer Stoffel ken as leier van die swartrenostersafari's in Damaraland, maar word ook teruggeneem na vroeere tye in sy lewe. Dan is daar die liefde - Nina met haar katte; sy medebestuurder by die renosterkamp en later sy verloofde. Maar daar is ook bittere verlies - die dood van 'n boesemvriend.