Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Stoornis skep 'n uitsonderlike verhale-wêreld waarin gemarginaliseerde mense woon. Maar nie een van dié enkelinge - Rita met haar groot borste onder haar blou poskantoortrui, mevroudominee wat Maandae haar hare laat set, of die skoolseun Pieter met sy six-pack-spiere - kan ontkom aan die smet van die menslike kondisie nie. Hierdie aantasting skend hulle harmonieuse bestaan op verskillende vlakke: soms word daar 'n verweer gevind in die versugting, die intense verlange na 'n droomwêreld; soms lei dié stoornis tot versteurdheid.