Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Storieman: Omnibus 5 - Leon Rousseau
Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfeld een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd.
Hierdie omnibus-uitgawe is n versameling van die gewildste verhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in, sodat almal heerlik saam kan lees en luister! In hierdie uitgawe verskyn gunstelinge soos "Wikus te Goede", "Die astrante snyertjie", "Die standvastige bliksoldaatjie" en "Die keiser se nuwe klere". Kom lag lekker saam met stories soos "Liewe Heksie" en die "Koekoekie" en "Spokie van Boosgelegen" en word betower deur sprokies soos "Elf wilde swane", "Die tonteldoos" en "Die Groen Jonkvrou van die meer".
Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar!
E&OE