Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Stories van Rivierplaas Alba Bouwer (1955)
Uit die gewone moederaarde onder onse voete word gehaal die gekristalliseerde edelstene. Eg en skoon, is hulle tot voortdurende plesier vir die mense, een geslag na die ander. Uit die gewone daaglikse lewe, uit die omgand onder mense - ouer met kind, maat met maat, vriend met vriend, baas met kneg, huismense met diensmense kom onse lafenisse, onse vruegdes, en onse voordeel. Daar is van ons wat sulke vreugdes en lafenisse weer kan ophaal uit die verlede, gekristalliseer, eg en skoon, vir almal tot voortdurende plesier. So 'n plesier vind ek en baie ander in hierdie stories van ons eie mense se daaglikse lewe, op Rivierplaas.
M.E.R te Swellendam 1954
LW Dié boek se omslag en algemene toestand is verouderd